News Social

Huiskonserte lewe

D van Wyk

Plaaslike kunstenaar, Natascha C, het op 5 en 6 Mei 2021 gehore bekoor met ‘n produksie, Collaboration House Concert: “When Autumn comes and goes”. Ondersteunend in die produksie was David, Hanko en Elsabe.

Die “huiskonsert”, op die Uitkykpad, was met dawerende applous deur die gehoor ge-encore. Gaste het hul eie piekniekmandjies gebring en tot laat na die vertoning nog gekuier.

Huiskonserte is ‘n manier wat kunstenaars gebruik tydens Covid-19 om nog steeds na gehore uit te reik.  Die produksies is net so professioneel soos op die groot verhoog.  Die klank is van hoogstaande gehalte. Die produksies staan vir geen groot verhoog terug nie.  Dit is net die aantal gaste wat beperk is en die venue wat verskuif het na ‘n huis.

Die produksie was hartsmusiek.  Musiek van die liefde en van omgee. Herfs is ‘n seisoen wat ons verbygaan, sonder dat ons stop en kyk na die kleurverandering van die natuur.

Natascha C sê dat daar definitief een produksie vir elke seisoen verwag kan word gedurende die jaar. Kyk uit na die winter vertoning.

Dit bly siel verrykend om in n gehoor te sit, en die kunste te geniet.  Kom ons ondersteun ook ons plaaslike kunste en kunstenaars.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *