Links voor: Martiens en Ruben le Roux.  Agter: Juandré Geringer en Johan Odendaal.

Laerskool vaar goed by skaaktoernooi

News, Schools

9 Februarie 2016

Die Suid-Afrikaanse Junior Skaaktoernooi het vanaf 4 tot 9 Januarie by die Universiteit van Kaapstad plaasgevind. Hierdie jaar het 2 150 skoliere aan die toernooi deelgeneem.

Laerskool Witrivier het vier leerders vir die kompetisie ingeskryf. Juandré Geringer het eerste in die spankompetisie op bord nommer agt geëindig. Johan Odendaal het drie uit sewe spelle gewen en erekleure ontvang omdat hy vyf jaar in ’n ry op nasionale vlak deelgeneem het.

Martiens le Roux (12), lid van die onder 14 A-span het twee spelle uit sewe gewen. Ruben le Roux (10,) lid van die onder 12 B-span het gelykop gespeel. Die onder agt, onder 10 en onder 16-ouderdomsgroepe van die Mpumalanga Laeveldse span het elk algeheel derde geëindig.

Foto:Links voor: Martiens en Ruben le Roux. Agter: Juandré Geringer en Johan Odendaal.

Leave a Reply