kykNET Fiestas toekennings

Stem vir Innibos as SA top fees

News, Social

Lianda Naudé
13 Januarie 2015

Die bekende Innibos Kunstefees is hierdie jaar een van die nominasies vir Suid Afrika se gewildste fees in die kykNet Fiestas Toekennings. Die ander feeste wat ook genomineer is, is Oppikoppi, KKNK, US Woordfees en Clover Aardklop.

Innibos vind al vir die afgelope 12 jaar in die Laeveld plaas en lok jaarliks duisende liefhebbers van die kunste en musiek. Die fees vind plaas oor vier dae waar besoekers ook die geleentheid kry om ‘n verskydenheid van opvoerings te sien.

Die Kunstefees direksie bestaan uit persone vir wie die kunste, asook die Afrikaanse taal na aan die hart lê. Hulle is Sandra Jacobs (stigter, Innibos), Mathews Phosa, Irma Green, Henri Pieters, Andy Lubbe, Dirk van Rooyen en Nic Elliot.

Lesers kan vir die volgende drie dae tot en met Vrydag, Januarie 15, stem vir Innibos as SA se top fees by www.kyknetfiestas.co.za

Foto: www.kyknetfiestas.co.za

Leave a Reply