Entertainment

4-7 Dae…

4-7 Dae, dan sal ons weet. Hoeveel keer probeer ons nie mekaar gerusstel met hierdie woorde nie? 4-7 Dae se worry en wroeg en what ifs en dink, oordink en weereens dink. 4-7 Dae se scenarios uitmekaar trek om te weet presies net waar jy kon verkeerd gaan. 4-7 Dae se warboel van emosies: hartseer, vrees, kwaad… nee, kwaad begin nie om dit te beskryf nie: moerig, erg moerig. Woedend en sommer net skuins befoeterd.

Kon hulle nie maar gesê het hulle voel siek nie? Verwyte, angs, wonder of jou goed in orde is vir net in case jy nie so gelukkig is om die keer dit vry te spring nie. Hierdie is die werklikheid van Covid.

Loop neus en nies: is dit die eerste simptome of net ‘n allergie? Diarree en lyfseer en naar word ‘n geworry of dit die take-away’s was of is dit die gevreesde simptome? En so gaan dit aan. Bietjie koors en lyfseer word in jou kop ‘n ventilator in ICU. Mens se verbeelding raak op hol en jy wil seker maak jou begrafnis polis is in orde, jou testament is in orde en dan maak die stress en worry jou nog sieker as wat jy oorspronklik sou gewees het.

As alles en jou dokter daarop dui dat ‘n toets miskien die beste idee is, is daar daardie ure wat jy wag vir uitslae. Daai am I or am I not positive…

Covid het ons lewens kom omkeer en nuwe betekenis gegee aan wat dit beteken om te leef, rêrig te leef. En ek dink dit het baie mense van voor af leer bid ook. Want daardie 4-7 dae dwing jou terug op jou knieë want jy besef jy kan nie veel doen nie. Dan vra jy baie mooi dat hierdie beker asseblief maar moet verby gaan, Vader. Soos Jesus in Getsémané gebid het: ““My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.”

Jy bid as jy opstaan, jy bid as jy gaan slaap, jy bid terwyl jy slaap en elke oomblik wat jy het. “Net nie dit nie, Vader, asseblief, net nie dit nie.” En jy bid vir ander mense. Dag vir dag hoor jy van iemand wat baie siek is en jy bid vir hulle of jy hulle nou ken of nie. En jy bid en toon jou dankbaarheid dat dit nie jy is nie. Dan, as Covid nog ‘n lewe claim dan bid jy maar vir die mense wat hulle hier agter laat.

Maar ons is ook maar net mense en ons word moeg en vaak en ons kan nie ons oë oophou nie. Ons is human en ons slip up. Ons jubel as die toetse negatief is en ons laat los ‘n vinnige “dankie Vader” na Bo en that’s it. Ons gaan aan met ons lewens en is vir ‘n week of twee baie, verskriklik baie, versigtig. Die depressie lig so bietjie, die vrees verander in miswolke wat die son wegbrand en ons vergeet om te bid want ons is nou mos okay.

Maar dit is nie okay nie. En ons gaan vir ‘n baie lang tyd nie okay wees nie. Niemand sal veilig wees van Covid tot almal nie veilig is nie. Daai is ‘n feit soos ‘n koei. So, my raad aan jou is: bly veilig, doen alles in jou vermoë om seker te maak jy doen jou deel met die hande was en sanitize. Hou jou afstand en praat as jy siek voel. Speel oop kaarte met jou nearest and dearest, met jou vriende, jou kennisse, die vrou by die winkel wat jou groceries oplui. Hou ander ook veilig met jou optrede en moenie ‘n selfsugtige luis wees nie. En kry maar ‘n kussing vir jou knieë vir daardie lang ure se bid want ons gaan nog baie ure op ons bid-knieë deurbring.

En gee jou vrees en worry vir jou Vader en ruil dit vir dankbaarheid en vreugde. Hy weet wat om met jou worries en bekommernisse te doen… Nie my wil nie, Vader, maar U wil.

Que sera sera.

Caption: everyday celebrations BlogSpot – LeAnne Ballard

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *