Entertainment Katrienkie

KERSFEES -VERLANG Uittreksel uit Katrienkie- Sommer net…

Dit is amper Kersfees, Pa. En my hart verlang so baie vir jou. Dit is asof my onthou in hierdie feestyd sommer ekstra ver paadjies terugstap. Ons laaste Kersfees, voordat die kanker jou onthou ook weggevat het… toe het jy nog my naam geken, Pa. Ek verlang vir jou.

Dis snaaks, nè Pa, hoe die lewe sommer net weer aangaan. Toe ek daardie dag by jou kis gestaan het, het ek al die mooi saam met jou in daardie kis gepak. Want hoe kan die lewe ooit weer mooi wees, as daar ‘n stukkie van ‘n mens weggegaan het? Ek het vir jou ‘n foto van die kinders ingepak, net vir ingeval jy jou onthou weer terugkry daar in die hemel. Ek het al die mooi memories versigtig langs jou neergesit … jou plekkie langs die kombuistafel, ons laataand-gesels, ons stry oor so baie dinge, jou groot ou trui waarin ek so dikwels kon wegkruip. En ek het Kersfees langs jou in die kis gesit, Pa. Want hoe kan ek ooit weer fees vier as jou plekkie leeg is?

Jou Bybel het een van my kosbaarste stukkies vashou geword, Pa. Elke oggend as ek daaruit lees, sien ek jou, hoor ek jou. En vanoggend het ek gelees van die Engele wat daar by die herders gaan sing het: “Ere aan God in die hoogste hemele . . . en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het.”

Jy het dit onderstreep, Pa. So asof jy vir my wil sê ek moet dit weer lees, en weer, en weer. En ek het.

En ek het jou stem gehoor wat sag sê “Hier waar ek is, my kind, sing ons ere vir God . . . so baie vreugde, so baie lof, so baie bly-wees. En daar waar jy is, my kind, gee Hy vir jou Sy vrede. Want Hy weet die ou aarde is maar ‘n stukkende plek. Hy weet dit is net Sy vrede wat dinge kan beter maak,totdat jy die hemelse vreugde kan ervaar.”

Jy is reg, nè Pa. Ere aan God daar in die hoogste hemel, daar waar jy ook nou is . . . en vrede hier vir

  1. Vrede wanneer my hart stukkend word van verlang. Vrede wanneer my hart sukkel om te glo.Vrede wanneer die Kersfees so alleen voor my uitloop – sonder jou. Eendag se eendag gaan ek ookKersfees my plekkie langs jou inneem . . . en dan gaan ons sing, Pa, vol vreugde . . . Ere aan God. Ekgaan jou groot ou trui sommer van ver af al raak sien, en ek gaan weet jy het my plekkie vir mygehou. En dan gaan ons uit volle bors sing en lag en bly wees.

Tot dan gaan Kersfees nooit weer dieselfde wees nie. As jy voor Hom kniel en Hom aanbid, Pa, wil jy nie seblief net aan Hom raak en Hom herinner om net vir my Sy vrede te gee hierdie Kersfees nie.

Seblief, pa. Want ek verlang vir jou.

Ere aan God in die hoogste hemele . . . en vrede, ook vir my.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *