Entertainment Katrienkie

Katrienkie – woorde wat heelmaak salf op ‘n eina sit

GPS News het op Facebook ‘n stukkie gelees oor ogiesdraad wat deur Katrienkie geskryf is.  Dit het die redakteur so getref dat sy op Katrienkie se FB blad gevra het om haar te kontak.

“Ons is bevoorreg dat Katrienkie vir ons toestemming gegee het om van haar bundels se skrywe in ons koerant te gebruik.

‘n Getroude vrou met 2 kinders, wat werk as ‘n maatskaplike werker het die seer en mooi kant van die lewe ervaar, en met haar ongelooflike talent oor met woorde emosies te laat opwel, is ons baie dankbaar vir die vergunning en glo dat ons lesers dit net so sal geniet en dat die woorde genesing sal bring.

Katrienkie (skuilnaam) sê: “Ek is ‘n maatskaplike werker in die Oos Rand. My eerste boek is in 2017 deur Naledi uitgegee, met die naam “Katrienkie – van hawegirl tot lady”.  Dit vertel die verhaal van my eie kinderjare waar ek as jong dogter in Durban Hawe uitverhuur is as kinderprostituut.

Dit is dan ook ‘n selfhelp gids vir vroue wat deur verkragting en molestering gegaan het.  Ek het die boek onder die skuilnaam Cara Blake geskryf, want ek het gevoel dit is nodig om my man en twee seuns te beskerm.  Saam met die boek het ek die Facebook-blad Katrienkie begin.  Dit was eintlik bedoel om hoop te bring vir slagoffers van trauma.  In die proses het die mense my leer ken as Katrienkie, en het ek besluit dit is dan maar die naam wat ek vorentoe gaan gebruik!

Ek het intussen ‘n Bybel dagboek uitgegee, Amen en Koebaai.  Dit is ‘n terapeutiese dagboek – ook onder die naam Katrienkie, want dit is wat die mense ken. My passie in die lewe is om hoop te bring, en vir Hom te getuig.  Ek tree gereeld op by fondsinsamelings as motiveringspreker, waar ek dan ook my eie verhaal vertel.”

Geniet die woorde wat ‘n seerplekkie kom salf!

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *