Community News

Sabie gesin beroof, ernstig beseer

Michele du Plessis

‘n Huisgesin, woonagtig in Hoffmeyer Sirkel in Sabie is in hulle huis aangeval en ernstig beseer deur die verdagtes.

Die aanval het ongeveer 20:00 gebeur. “Na bewering het die familie binne huis gesellig verkeer en die dogter het verjaar. Die hond het geblaf en die man het uit gegaan en by voor erf gekyk maar niks gewaar nie. Met terugkeer in sitkamer is die man verras deur drie verdagte swart mans gewapen was . Hulle het op waardevolle items en eiendom aangedring. Die man was aangerand deur verdagtes. Later is die vrou ook aangerand deur die verdagtes. Die verdagtes het die man en vrou onder andere met ‘n vuurwapen op die kop geslaan. Die huis was deursoek. Die kluis was uit die kas geforseer en die wapen was verwyder.

‘n Skootrekenaar, selfone en bankkaart is geneem deur verdagtes. Die verdagtes het oor die beton heining in agterkant van erf gevlug. Dit word vermoed dat die verdagtes in ‘n voertuig gevlug het.

Sabie be Safe het gereageer en later die Sabie polisie. Die ambulans het later opgedaag en die beseerde man en vrou op die toneel behandel. Die ambulans personeel het buiten die kopwonde wat behandel is ook aandag geskenk aan die vrou se arm wat vermoedelik gebreek is en die man se been wat moontlik gebreek is. Hulle was per ambulans na Nelspruit Medi-Clinic vervoer en opgeneem,” het ‘n woordvoerder gesê.

Later is daar vasgestel dat die slagoffers se selfone ping en dui op ‘n ligging in die Nelspruit omgewing. Met nadere ondersoek is gevind dat die verdagtes toegang tot die huis verkry het deur die stoepdeur en traliehek was oopgeforseer was.

Die slagoffers is in n stabiele toestand in hospitaal. ‘n Familie vriend het gesê dat beide die frakture baie diep is en die man is in die intensiewe sorg eenheid. Die dame is baie beseer maar stabiel en die dogter is getraumatiseerd maar nie beseer nie.

Die Sabie SAPS ondersoek die saak.

In ‘n boodskap op die Sabie be Safe groepe het Raymond Gouws die volgende boodskap geskryf:

“Members, please note that we had a serious and violent attack, on a family in Hofmeyer Singel last night at around 20:00. Three suspects gained access to the house and violently attacked the man and woman. They stole electronic equipment, cell phones, bank cards and a firearm. The patients were taken to Medi-clinic in Nelspruit in a serious condition.

It is a sad day that Sabie has now become a town that is now encountering these violent criminal activities, in a safe neighbourhood. We urge all people to take extra care and be vigilant. It is clear, that these thugs are now getting violent and targeting soft targets. Make sure you are safe and secure at night. We did not ask for help on other groups as the suspects were armed and dangerous. Thank you to all the people involved in stabilizing the patients and the men securing the area so quickly. We hope for a speedy recovery to the family and that the SAP will have success in arresting these thugs.”

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *