Community News

Vlytige VLU Vrouens- Elize en haar VLU dames: Mense wat omgee

Michele du Plessis

Elize Potgieter, Voorsitster van die Sabie VLU tak, Visarende, en die VLU lede se hande bly besig en hulle harte oop.

Vanaf die COVID-19 inperking begin het en dit duidelik geword het dat daar mense is wat hulp benodig, het Elize en haar span vlytige vrouens plan gemaak om andere te kan help. “Ja, ons is nog steeds besig met ons projek van die jaar, Sabie Sopkombuis. Die dames kook Maandag, Woensdag en Vrydag sop. Alles word gedoen deur skenkings van inwoners in Sabie waaroor ons baie bly is. Ons het tans 60 persone wat sop kry met ‘n broodjie, wat ook gesponser word deur vrywilligers,” het Elize vertel.

“Maar dit is nie al nie! Ons hou een keer ‘n maand vergadering met ‘n spreker en ‘n craft produk op WhatsApp gedurende die inperking. Ons maak mos maar altyd ‘n plan. Vir hierdie vergadering het ons die droog van vrugte en groente behandel en hoe om dit te bewaar. Ons het ook bespreek hoe om die gedroogte produk te gebruik,” het Elize gesê.

“Ook het ons nog ‘n projek waarmee ons persone se bene warm hou hier in die koue Sabie. Ons hekel kniekombersies wat ons uitgee aan persone wat dit nodig het. Ons kry afval wol en dan hekel ons blokke vir kombersies.

Ag, so kry ons wat inbly en nie van die huis af werk vir inkomste nie, besig. Dit is ons bydrae om van Sabie ‘n liefdevolle plek te maak; dit maak jou hart warm en vol omgee. Dit is die hart van ‘n VLU vrou.”

“Baie dankie, weereens, aan al die skenkers  van ons bestandele soos brood en wol. Onthou, sonder julle en God se genade sou ons niks kon gedoen het nie. Die VLU is ‘n nie-winsgewende beweging, so ons werk baie hard vir als wat ons nodig het. Onthou ook asseblief dat almal baie welkom is om by ons aan te sluit.”

Kontak Elize op 061 190 4319.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *