Community News

AGS gemeente se leraar paar tree af

Pastoor Braam en Ronnie Swarts was as herders-paar ingehuldig by die AGS gemeente in Sabie vanaf 1 Mei 2004.

Pastoor Braam het woord gekry dat waar God ‘n deur oopmaak sal hy sorg. Hulle het na Sabie verhuis met drie afhanklike kinders en hul eie twee dogters wat reeds werkend was, omdat hulle ‘n hegte gesin is wat wou saam wees.  Hul jongste kind, Justine, was op daardie stadium maar 6 jaar oud.

Reeds van die begin af het hulle liefde en aanvaarding in die gemeente en Sabie se inwoners ervaar. Die gemeentelede was grotendeels middeljariges en ouer mense.

In die begin het dit goed gegaan met die gemeente.  Hulle het met die gemeentelede se hulp die kerksaal laat bou en die lening is binne 3 jaar afbetaal.  In daardie tyd was die ekonomie goed en dit het goed gegaan met die gemeente.

Na die verwoestende brande van 2007 het die ekonomie almal begin druk en die plaaslike gemeentes het dit ook gevoel.  Families moes noodgedwonge verhuis om so ‘n beter bestaan te hê.  Die verskillende gemeentes het die effek daarvan gevoel want die kerke het al minder lidmate en besoekers gehad.

In hul tyd hier het hul jongste haar skoolloopbaan klaar gemaak en drie van hul kinders is getroud.  Hulle moes deur die jare vir so baie van hulle ouer vriende en lidmate by oop grafte totsiens sê.  Mensies wat saam met die dorp aan hulle gegee is.

Pastoor Braam is op die rype ouderdom van 68 en moes al op die ouderdom van 65 afgetree het.  Hy het egter gevoel dat hy steeds in die bediening wou bly.  Die besluit is geneem: dit is nou tyd vir aftrede en rus.  Ronnie sal steeds haar werk voortsit soos in die verlede by die Prokureurs.  Pastoor Braam gaan rus, en sy familie gun dit vir hom.

“Soos dit in ‘n klein dorpie gaan, is daar baie stories oor ons aftrede, al die stories wat rondgaan is maar stories.  Die waarheid is dat dit tyd geword het om af te tree.  Ons groet almal met liefde, wat deel van ons lewe was in

die bediening en ons gaan nie weg nie. Ons verhuis na ons eie woonplek, en sal almal mis.”

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *