Community News

Katte-fees by Natureza

News Desk

Natureza’s Cat Rescue het op 21 Desember n katte-kerspartytjie aangebied en op 28 Desember was daar ook ‘n opedag gewees. Die katte het geskenke ontvang en baie geniet, maar op die ou end het kat se kind die bruin papiersakke hulle aandag gewen.

“Alhoewel daar nie so baie plaaslike  mense was nie, het daar mense van so ver as Pretoria, Witrivier en Hazyview gekom om te deel in die dag se pret. Die besoekers is deur Promise, my assistent by die katte,  deur die hokke gevat waar sy ook ietsie oor die katte vertel. Die besoekers kon met die katte kuier en het sommer baie liefkosings gekry van die katte.  Die katte het al die aandag so geniet,” het Susan van Zyl, mede-eienaar van Natureza’s, vertel.

Daar was ook ‘n kuns aktiwiteit waar ‘n dame van Pretoria, Ida Nel, kat speelgoed vir die katte gemaak het en die besoekers het kon ook help om speelgoed te maak.

“Jaco Marneweck Snr. van J&S Fencing and Construction het sommer baie lekker speelgoed gemaak vir die katte. Die kat gym en ander pryse wat in ‘n kompetisie uitgeloot was is ook getrek deur Jaco en sy vrou, Debbie op die dag. Die wenner was Leilani can Wyk. Die dag is afgesluit met ‘n piekniek op die gras waar boerewors rolle, roomys en koeldrank beskikbaar was,” het Susan gesê.

“Op die 28ste Desember was Natureza’s so bevoorreg om mense te verwelkom wat in Nederland bly en in Suid-Afrika met vakansie was.  Hulle het ook hulle suster kinders wat in Suid-Afrika bly saam gebring. Hierdie gesin het die kuns aktiwiteite van die dag aangebied en soveel oulike goed vir die katte gemaak.  Van ‘n splinternuwe krappaal, ‘n kat-kraptafel en hope catnip speelgoed. Die kinders het ook kat prentjies op die mure geverf om die hokke te versier.

Besoekers van Witrivier het ook nie met leë hande gekom nie, maar het kat bedjies, geskenke en kos gebring. Een van die families van Witbank wat gekom het, het self ‘n kat organisasie, Feral Care Friends Witbank.  Dis so spesiaal as diere organisasies saam werk,” het Susan gesê.

Natureza’s wil graag die volgende persone bedank vir al die donasies:
Spar Sabie  vir die broodrolletjies en boerewors; Loggers Pub & Grill wat die koeldranke verskaf het; Sephora Health & Skin Care vir die twee geskenkbewyse vir die gelukkige trekkings; Debonair Donut & Pet Bedding vir kat produkte wat in ‘n gelukkige trekking weggegee is; Sizabantu Electrical vir die roomys vir die twee dae; GPS News and Printing vir die plakkate, aanlyn en gedrukte advertensies om die fees te adverteer.

“Ons wil die plaaslike mense (en mense van ver) uitnooi om asseblief by Natureza’s te kom kuier vir die katte. Natureza’s het ook donasies nodig, een van hulle hokke dringend opknap of oor bou aangesien dit is besig is om uitmekaar te val. Kontak gerus vir Susan van Natureza’s op 078 633 05 76 as jy kan help met met bou material of kontans donasies om material aan te koop.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *