Entertainment

Sade van genade: Katja Kowalec se verhaal binnekort op die lug

News Desk

Katja Kowalec, die skrywer van Those Miraculous Sunflower Seeds,  se radiovervolgverhaal, Sade van Genade, se produksie is in volle swang en 20 van die beplande 50 episodes is reeds opgeneem.

Roelf van Jaarsveld van Radio Laeveld doen die vertaling, die dramatekste, regie en redigering oor Katja se lewensverhaal, wat handel oor die Nazi’s se inval in Pole op 1 September 1939 – vandeesmaand 80 jaar gelede!

Roelf was gelukkig om die rol van die Katja aan die oulike Kristen Raath toe te ken. Sy is veral bekend vir haar TV-rolle in Roer jou Voete, 7e Laan, Reik na die Sterre en is tans besig met haar eerste sangopname. Sy pas 100% in die rol. Dit is boonop haar eerste toetrede tot radioverhale.

Ander hoofrolle is Johann de Kock, Karien van Niekerk, Sanette Mattheus, Sanet Oosthuizen, Ron Olivier en selfs die bekende sanger Hardus Hartzenberg. Daar is meer as 90 spraakrolle en daarom speel heelwat Laeveld bekendes ook in die reeks.

Daar sal uiteindelik 120 episodes wees. Die eerste 50 episodes eindig op ʼn mespunt wanneer Katja haar Russiese besette Pole verlaat vir Suid-Afrika.  Wat wag vir haar? Is haar Suid-Afrikaanse geallieerde soldaat werklik getrou aan haar? Het hy ooit ʼn inkomste? Waar gaan hulle bly? Boonop is sy swanger met sy kind.

Indien die luisteraars begerig is om die res te hoor, sal die res getakel word.

Radio Laeveld beoog om die reeks daagliks op Maandag 14 Oktober 2019 te begin uitsaai. (Weeksdae 14.00 en 19.30. Saterdae is daar ʼn omnibus  om 17.00)

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *