Community News Social

Sabie Experience bevoordeel die gemeenskap

Maxine du Plessis

Sabie Experience doen elke jaar talle goeie dinge vir die gemeenskap. Nie net gedurende die byeenkoms nie, maar ook reg deur die jaar is hul goedhartigheid duidelik sigbaar in die gemeenskap. Sabie Experience is ʼn MTB byeenkoms wat familie georiënteerd is. Terselfdertyd skep hulle ook talle werksgeleenthede vir die inwoners van Sabie skep. Elke jaar word daar donasies aan liefdadigheid organisasies geskenk wat moontlik gemaak word deur die sukses van die Sabie Experience.

Home of Hope is ʼn nie-winsgewende organisasie wat deur Theresa Willis, ʼn lid van die Harmony Hill gemeenskap, gestig is. Die organisasie is daarop gemik om hawelose kinders ʼn huis, liefde en ʼn warm bord kos te gee. Gedurende die Sabie Experience 2019, het Dennis en Denzil Lawrie hul harte weereens vir die gemeenskap oopgemaak en ʼn nuwe staal kos kas, asook ʼn stoof aan Home of Hope geskenk. Met aflewering van die stoof, het Dennis en Denzil die stoof ook opgekoppel.

Organiseerders van die Sabie Experience wil ook graag vir Joey Labuschagne bedank wat so betrokke en entoesiasties is oor die Home of Hope tehuis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *