Advertorials News Sabie

Sugar and Spice

Maxine du Plessis

Met die aankoms by Sugar and Spice in Sabie besef ek dat hierdie ʼn spesiale ervaring gaan wees. Baie moeite het in die mooimaak proses ingegaan, binne en buitekant die winkel. Met die intrapslag omvou die warm padstal atmosfeer my met vars gebakte reuke van warm sjokolade, karamel en kaneel. Kleurvolle bottels konfyt, tuisgemaak, vang my oog.  Alles in die winkel is pragtig uiteengesit. Snuisterye soos handgemaakte mussies en truie wat jy graag vir jou kind of kleinkind sal wil koop, tot vars kruie wat jy in jou kombuis wil gebruik. Die altyd vriendelike verwelkoming van Monique Jacobs, eienaar van  Sugar and Spice laat jou voel soos ʼn ou bekende wat op jou gemak laat rondsnuffel.

Monique staan agter die toonbank, reg om jou te help met ʼn warm glimlag. Sy is nederig en saggeaard en vertel haar storie waar sy begin het. “Ek het eers elke Saterdag by Spar met ʼn tafeltjie gestaan vol tuisgebakte lekkernye. Daarna het die aanvraag vir my tuisgebak net te veel geword vir net ʼn tafeltjie op ʼn Saterdag en ek het toe besluit om die winkel, Sugar and Spice, oop te maak.” Die wat vir Monique ken, sal weet hoe aanloklik alles geruik het as jy verby haar tafeltjie gestap het op ʼn Saterdag; dieselfde wonderlike reuke lok jou nader in haar winkel. Sy het uit en uit ʼn passie vir dit wat sy doen, en dit kom elke keer vorendag as jy met haar praat, of jul nou ʼn koek bespreek in detail en of jul ʼn ligtelike gesprek voer.

Dit is opvallend hoe sy vertel van al die items in haar winkel; van hierdie tannie se gehekel tot hierdie tannie se beskuit en koekies. Sy praat van dit met net soveel passie soos wat sy van haar eie produkte praat, veral die pragtig uitgestalde cupcakes en toppers, self gebak wat pronk op die rakke.

Sugat and Spice voorsien vele items waaraan jy moontlik kan dink; van ʼn bottel tamatie konfyt, chilli relish, tot die mees ingewikkelde koek met gedetailleerde toppers. Breyani spice, Masala, six-gun spice, of enige ‘snaakse speserye’, dit sal jy alles op haar rakke kry teen billike pryse. Ronde koeke, enkel laag, dubbel laag, met net icing of met toppers. Die bekende bokskoeke met jou keuse van drie verskillende lae en jou keuse van versierings. Tema koeke, tema Lucky Packets, of selfs enige iets wat jy moontlik mag nodig kry vir ʼn partytjie vanaf ʼn hoedjie, bordjie, of servet, dit alles is beskikbaar in haar winkel. Of jy nou ʼn week voor die tyd jou koek bestel en of jy die oggend besef jy kort dringend ʼn koek, sy is altyd bereid om te help en dieselfde hoeveelheid moeite gaan in elke stukkie werk in.

Monique deel graag die dag se gebak op haar WhatsApp groep, en jou mond behoorlik water net deur bloot na ʼn foto te kyk. Die winkel, Sugar and Spice, is definitief die moeite werd om te besoek. Ek kan jou belowe dat jy nie met leë hande daar sal uitstap nie. Kontak gerus vir Monique op 084 446 2962 as jy ʼn bestelling sou wou plaas of as jy op haar WhatsApp groep wil wees om te kan deel in die kuns van die dag se gebak.

“Baie, baie dankie vir almal se ondersteuning, aanmoediging en inspirasie tot dusver. Ek’s oor die eerste drie maande grens en ek glo en vertrou met God se genade gaan die winkel nog uit sy nate bars. Ek moedig almal aan om ʼn draai te kom maak by die winkel, die padstal in die dorp, Sugar and Spice. Daar is iets van almal, vir almal. My Facebook page is Sugar and Spice waar baie foto’s en specials gereeld opgelaai word,” het Monique gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *