Community News Social

Kruisloop 2019

Maxine du Plessis

Vanaf 14 tot 19 April het die inwoners van Sabie bymekaar gekom om die Kruisloop te voltooi. Die Kruisloop wat begin het in Sabie, uitgebrei na Graskop, Harmony Hill en Simile. Gemeentes het saamgestaan en vir huisgesinne, besighede en organisasies gebid oor alledaagse sake, uitdagings en probleme.

“Kruisloop het sy ontstaan in 2018 gehad nadat Gawie Pretorius ervaar het om met ʼn kruis deur die strate van Sabie te loop terwyl daar vir elke huis gebid word. Die hooftema vir die Kruisloop was, “Bring die kruis weer terug in Sabie”. Die kruisloop het oor ʼn tydperk van sewe dae gestrek en terwyl ons vir elke huis gebid het, het ons ons ook vir Suid Afrika ingetree vir sake soos; reën, huwelike, kanker, plaasmoorde en ons ekonomie.” Kruisloop Facebook blad.

Gal 6:14 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *