Community

Fun Bike Ride Fondsinsameling vir Shanique

Maxine du Plessis

Op 30 November 2019 word ʼn Fun Bike Ride beplan op Ramanas plaas net buite Graskop met die hoop om genoeg fondse in te samel vir Shanique Sam, ʼn 12 jarige dogter van Sabie wat op vierjarige ouderdom met tipe 1 diabetes gediagnoseer is.

Shanique is ʼn graad 6 leerling in Sabie Laerskool en spuit haarself 4 keer ʼn dag met insulien en toets haar bloedsuiker tot en met ses keer per dag.

Diabetes is ʼn chroniese siekte wat ontstaan wanneer die pankreas nie genoeg insulien produseer nie, of wanneer die liggaam sy vermoë verloor om die insulien wat geproduseer word, effektief te benut. Insulien is ʼn hormoon wat deur die pankreas vervaardig word om glukose uit die bloed te absorbeer sodat dit as energie gebruik kan word. Diabetes ly tot verhoogde glukosevlakke (suiker) in die bloed (hiperglisemie), wat met langtermyn skade aan die liggaam vereenselwig word.

Tipe 1 diabetes is ʼn outo-immuuntoestand toestand wat gewoonlik op ʼn vroeë ouderdom (baba- of kinderjare) ontstaan. Tipe 1 diabetes begin gewoonlik skielik en dramaties en vereis gereelde insulien-inspuitings. Tipe 1 diabetes is ʼn chroniese en lewenslange toestand wat versigtige monitering en beheer verg. As dit nie suksesvol is nie, kan baie hoë bloedsuikervlakke langtermyn skade aan verskeie organe en weefsel aanrig, insluitende die hart en bloedvate,  die niere, die senuwees (dit kan tot amputasie van ledemate lei) en die oë (met potensiële gesigsverlies).

Die doel van hierdie fondsinsameling is om vir Shanique ʼn insulien pomp aan te skaf wat dan sodoende haar bloedsuiker telling konstant sal reguleer en insulien outomaties sal toedien soos benodig. Ongelukkig is die maandelikse onkostes t.o.v. naalde, insulien patches en als wat daarmee gepaard gaan, vreeslik duur.

ʼn Roete van +-130km sal uitgelê word vir die Fun Ride waarvan daar ʼn “rooi roete” en “groen roete” sal wees. Die groen roete sal ook geskik wees vir 4-wheelers.

Dit gaan ʼn dag vol pret en plesier wees. Die inskrywingsfooi beloop R450.00 per motorfiets. Elke inskrywing sal ʼn “goodie bag” ontvang en daar gaan hope gelukkige trekkings wees.

Kontak Zander McDonald vir enige na-vrae op 0823723247 en vir Heloise Möhr op 0729869242 vir inskrywings.

Inligting vanaf Health24.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *