Community

Flukse VLU Visarendetak

News Desk

Die Vroue Landbou Unie (VLU) Visarendtak, Sabie, het op 23 Maart ʼn vergadering en ʼn werkswinkel gehad.

“Ons het pryse uitgedeel vir die wenners van die tak. Elsie Gerber het die toekenning en sertifikaat vir brei gekry; Lientjie Nel het die toekenning en sertifikaat vir hekel gekry en Antoinette Hall en Elsie Gerber deel die toekenning vir masjien werk. Elize Potgieter (Voorsitter) het ons dames geleer hoe om macramé werk te doen en Elmarie Bianchina het die dames geleer om Tunisiese hekelwerk te doen,” het Elmarie Bianchina gesê.

Volgens Elmarie was die tema vir die dag slaap sokkies en Dalene Bosch het die prys gekry vir die beste sokkies. “Ons het lekker gekuier en idees gedeel vir die “Little Yellow Duck” projek wat ʼn kongres projek vir 2019 is. Die VLU  is ‘n groep vir al die Dames in Sabie waar ons een keer ‘n maand saamkom om vergadering en werkswinkel te hou. Ons leer om verskillende vaardighede aan en kuier lekker saam. Ons het ook liefdadigheid projekte soos kombersies hekel wat ons dan later uitdeel aan bv. aftree oorde of kinders in hospitale. Ons wil graag die dames van Sabie nooi om by ons aan te sluit.”

Vir meer inligting kan Elize Potgieter gekontak word op 061 190 4319.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *