Community News

Helpende Hand: Groentjies en Gryses

Maxine du Plessis

Solidariteit Helpende Hand is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Hulle fokus is om ʼn antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis te vind deur ʼn verskeidenheid van projekte. Hulle doen dit deur ons mense se armoede deur middel van onderskeie projekte te verlig, te voorkom en te verbreek.

Bejaardes lê Helpende Hand na aan die hart en deur middel van verskeie inisiatiewe fokus Helpende Hand om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, te bederf en te vereer. Terselfdertyd poog Helpende Hand ook om die Afrikaner-volk te leer om weer vir bejaardes om te gee sodat elkeen verantwoordelikheid kan neem vir die bejaardes in hulle lewens.

Solidariteit Helpende hand het ʼn reeks opwindende nasionale bejaarde-projekte wat hul elke jaar aanpak en maak sodoende ʼn baie groot verskil in baie ou mense se lewens. Daar is so baie ou mense wat vergete voel en deur middel van hierdie projekte voel hul al die liefde en omgee van hul volk.

Van hierdie projekte sluit die Groentjie en Gryses projek in. Die Groentjies en Gryses projek bring sedert 2015 kleuters en bejaardes bymekaar vir ’n dag van jolyt. Vir elke eensame bejaarde is daar ’n behoeftige kleuter wat liefde nodig het.

Dan is daar ook die ‘Vat vir ouma fliek toe of Oupa Rugby toe projek. As deel van die Ouma-en-Oupa -projek het Helpende Hand verskeie inisiatiewe om bejaardes te bederf. Talle bejaardes wat eensaam is, het nie meer die finansiële of praktiese vermoë om hulself te bederf met ʼn fliek of bywoning van ʼn sportwedstryd nie. Deur hierdie projek moedig Helpende Hand die publiek aan om die bejaardes in hulle lewens uit te neem vir ʼn lekker bederfgeleentheid. Helpende Hand se takke gebruik ook die geleentheid om oumas in hulle gemeenskap te neem om te gaan fliek en die oupas om te gaan rugby kyk.

Projekte wat aangepak word deur Marie Botha, voorsitster van die Solidariteit Helpende Hand tak in Sabie, en haar span vir die res van die jaar is as volg: ’n oggend tee saam met die seniors en ʼn gas spreker by die aftree oord; ʼn uitstappie Kruger Park toe vir 2 dae en ʼn Kersfunksie.

Besoek gerus die Solidariteit Helpende Hand webblad en vind uit hoe jy ʼn verskil kan maak. Maak ʼn skenking aan Helpende Hand se bejaarde fonds. SMS “Omgee” na 38969 en skenk so R10 tot ons Ouma-en-Oupa-projek.

*Die inligting is verkry van Solidariteit Helpende Hand se web tuiste.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *