Community News Social

Soek werk op WerkNet

Maxine du Plessis

Helpende Hand wil seker maak dat elke Afrikaner wat wíl werk, ’n werk het om hulleself en hul geliefdes mee te onderhou. Hulle het ʼn verskeidenheid van projekte wat daarop gemik is om die swaarkry van behoeftige mense te verlig. Een van Helpende Hand se grootste fokusse is die opleiding van ons kinders en jongmense om daardeur te keer dat hulle in die kringloop van armoede beland.

Helpende Hand het ʼn eenvoudige, gebruikersvriendelike webtuiste geskep genaamd WerkNet.co.za, waarop werksoekers hul CV’s  kan laai en werkgewers hul poste kan adverteer. Solidariteit Helpende Hand LoopbaanSA hou ook werkswinkels wat bygewoon kan word waar hul stap vir stap deur menigte onderwerpe werk en dit dan op WerkNet deel waarna mens altyd kan terug verwys.

Hierdie onderwerpe handel oor verskillende stappe in jou reis as werksoeker soos bv. wat jou CV aanbetref, hoe om jou motiveringsbrief reg uit een te sit, wat belangrik is wanneer jy ʼn onderhoud voer, jou regte as werker en vele meer interessante onderwerpe. Hierdie onderwerpe is daarop gemik om sodoende werksoekers aan te moedig en te help deur hul tou wys te maak oor die regte stappe wat gevolg moet word wanneer die werksoeker wil aansoek doen vir werk. WerkNet help ook werksoekers om hulself reg te posisioneer in die werksmag.

Helpende Hand het ook Talentwerf gestig wat ʼn platform is vir vryskutwerkers om hulle dienste te adverteer vir besighede wat opsoek is na ʼn talentvolle werker op kontrakbasis.

Sou enige werksoekers belangstel om gebruik te maak van WerkNet, kan hul gerus die webblad besoek by WerkNet.co.za.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *