News Schools Sport

Karnallie hou sportdag

Maxine du Plessis

Op Saterdag, 9 Maart, het Karnallie Kleuterskool hulle amptelike tweede sportdag gehou op Hoërskool Sybrand van Niekerk se rugby veld. Dit was ’n opwindende dag vol van pret en plesier vir die kleuters, ouers en personeel van die kleuterskool.

Hierdie byeenkoms, gereël deur Juffrou Petro Breytenbach en haar besonderse span, het ’n kleurvolle versameling van items vir die dag gehad. Items soos, ‘Baby crawl’, Brm-brm wedloop, hekkies, ouer-aflos wedrenne, kort afstande, ‘Granny 100m-sprint’ en verspring het deel uitgemaak van die byeenkoms.

Drie spanne – die “Firefighters”, “Ninjas” en die “Karnallie troepe” het gesorg vir harde kompetisie tussen die Karnallie-kleuters. Die kleuters het die groot dag geopen met ’n optog en ’n dans, wat groot vermaaklikheid aan almal verskaf het. Die hele kleuterskool, asook die ouers, het deel geneem aan die sportdag en daar was vele ondersteuners.

Verskeie borge het bygedra om die dag ’n sukses te maak. Ouers en onderwysers het hard gewerk om die baan te versier met vlaggies en ballonne en het gesorg vir ’n kleurvolle dag. Tente, lekkernye en ander vermaak het bygedra tot die sukses van die dag.

Volgens Juffrou Petro, organiseerder van die byeenkoms, “Was dit ’n besonderse pret dag gewees. Almal het saam gewerk en ouers het hand by gesit waar nodig. ’n Groot dankie aan al die ouers, personeel lede en borge wat die dag moontlik gemaak het. Sonder julle sou dit nie so suksesvol en genotvol gewees het nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *