News Schools

BUCO Sabie borg Interlaer in Sabie

Michele du Plessis

Laerskool Sabie was onlangs die gasheer skool vir die jaarlikse Interlaer. Deelnemende skole was Burgersfort,  Graskop, Komatipoort Akademie, Malelane, Sabie, Numbi en Steelpoort Akademie.

BUCO Sabie was die borg vir die Interlaer te Laerskool Sabie. Die goeie nuus is dat BUCO Sabie vroeg in Augustus geopen gaan word.  BUCO winkels is versprei oor Suid Afrika, in elke provinsie sowel as in Namibië.  BUCO is bekend vir hul bekostigbare produkte wat benodig word in die hardeware en bou bedryf.  BUCO se oorsprong is gebasseer dat nie net die individu (DIY)  maar ook kontrakteurs se behoeftes vervul word.  Hul leuse is “Kom ons bou dit saam”.

By die Interlaer het BUCO Sabie die medaljes en trofees geborg en ʼn hemp aan elke beampte en skoolhoof geskenk. Volgens Bernard Neveling, Laerskool Sabie onderwyser, het die sportveld baie mooi gelyk met al die Buco vlaggies en gazebos, en die dag was voorwaar oranje, BUCO se kleur.

BUCO Sabie Rekords wat verbeter is tydens die Interlaer sluit in:

Seuns O/13 verspring: Afstand 5.27m – Mihla Mokoena, Graskop

Seuns O/13 200m: Tyd – 25.59 sekondes – Mihla Mokoena, Graskop

Seuns O/13 100m: Tyd- 12.23 sekondes – Sihle Mkhatshwa, Malelane

Junior Victrix Ludorum: Masechaba Muntsoane (Steelpoort )

Junior Victor Ludorum: Nkosinathi Ndlovu (Sabie)

Senior Victrix ludorum: Siphokazi Mashabane (Komatipoort)

Senior Victor ludorum: Mihla Mokoena (Graskop)

Beste Baanatleet :

Seun : Mihla Mokoena (Graskop) 200m 907 asa punte

Dogter: Ntsakisi Hlatswayo (Sabie ) 80m 838 asa punte

Beste langafstandatleet:

Seun: Orabile Mohlala (Burgersfort ) 560 asa Punte 1200m

Dogter: Lilly Gwanyanya (Steelpoort ) 590 asa punte 1500m

Beste veldatleet:

Seun Mihla Mokoena ( Graskop) 954 asa punte

Dogter: Olwethu Bayisa (Steelpoort ) 795 asa punte

 

Redakteur’s nota:  Daar mag volgens die beleid van Laerskool Sabie geen foto’s van kinders geplaas word in die media nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *