Community

Kom sit bietjie hand by…

Michele du Plessis

Elke Nuwejaar bring nuwe uitdagings vir elke gesin; kinders wat die eerste keer skool toe gaan, meisiekinders wat elke dag vars en vroulik skool toe moet gaan en kleuters wat moet kos kry. Vir vele ouers besorg hierdie dinge slapelose nagte en worstel met die vraag oor hoe gaan ek dit alles bymekaar bring? Mense sukkel, hulle is arm. Behoeftig is seker ʼn beter woord om te gebruik, maar wat jy dit ook al wil noem, daar is mense wat hulp nodig het.

Solidariteit Helpende Hand is ten volle bewus van al hierdie probleme en het projekte wat probeer help om al die gate toe te stop. Die Kosblikkie-projek verskaf ʼn bord kos aan ʼn honger kind wat in baie gevalle die enigste maaltyd van die dag is.

“As gevolg van swaar ekonomiese tye is dit vir baie ouers onmoontlik om te voorsien in hulle kinders se daaglikse behoeftes.  Hierdie projek lê my baie na aan die hart, miskien omdat ek self ’n mamma van 4 spruite is.  Ek besef elke dag hoe belangrik ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl is. Gesonde eetgewoontes is nie net belangrik vir optimale fisieke en kognitiewe ontwikkeling van kleuters nie, maar kan hulle ook beskerm teen siektes,” sê Margolé Riekert (Projekleier).

SMS die woord “bord” na 38969 en dra R10 na by tot ’n gesonde bord kos vir ’n behoeftige kleuter.

 

Die Skooltassie-projek is ’n nasionale projek waardeur alreeds 32 000 tassies aan behoeftige graad eens geskenk is sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is. Helpende Hand bied ’n tassie van uitstaande gehalte met opvoedkundige inhoud wat die volgende insluit: Uitdraaikryte, ʼn legkaart, inkleurpotlode, grys potlode, ʼn liniaal, ʼn skerpmaker, ʼn skêr, ʼn uitveër, gom, pennesakkies, ʼn witbord met penne en ’n Afrikaanse Bybel wat geborg word deur Finesse.

SMS die woord “tassie” na 38969 om by te dra tot ’n tassie vol skryfbehoeftes (SMS’e kos R10).

*Die #HelpHetta-projek verskaf sanitêre ware aan meer as 3200 skoolmeisies in +- 110 skole regoor die land. Die HelpHetta-projek is geloods om verligting aan meisies te bring en om meisies te help om gemaklik te word met hulle menstruasiesiklus. Want vir Helpende Hand is dit belangrik dat meisiewees gemaklik moet wees vir ieder en elke meisie.

 Jy kan “HelpHetta” SMS na 38969 en daardeur bydra tot ’n pakkie sanitêre ware. Die SMS kos R10.

Vir verdere inligting skakel Marie Botha, Sabie tak voorsitster op 084 775 8831.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *