Books & Authors

Die Rooi Trem vir een gelukkige leser

News Desk

Eers wou Henk en Stephanie Rappard die gebeure en die essensie van hul “sielsgenootskap” probeer verwoord, en ʼn boek het eindelik ʼn lewe van sy eie gekry: “Die Rooi Trem” is gebore.

“Hierdie liefdesverhaal strek van Suid-Afrika na Nederland en weer terug. Magiese oomblikke wanneer amper-vergete herinneringe meteens klokhelder opgeroep word; die elke dag se herontdekking van mekaar – maar ook die onbeskryflike hartseer met die besef van al die verlore jare en ʼn futiele woede oor verspeelde geleenthede en gedane sake word uitgebeeld,” het Stephanie vertel oor die boek, “Die Rooi Trem”.

Hierdie is nie net ʼn gewone liefdesverhaal nie. Dit is meer ʼn epiese, jarelange reis weg van mekaar af om mekaar weer te vind en hul liefdesreis voort te sit. Die twee mense het mekaar ontmoet by die Hoërskool Sasolburg in 1969. Henk, wat reeds ʼn Nederlandse matriek gehad het, se ouers het besluit hy moet sy vlerke sprei en hy is Sasolburg toe gestuur na sy suster en haar man toe. Maar die lewe is nooit net maanskyn en rose nie. Henk moes terug gaan Nederland toe om sy diensplig te gaan doen.

Baie trane is gestort – soms van weemoed, soms van blydskap, soms van wanhoop. Daar is ook onthou, ontdek, gelag, geniet, gesoek, gevind. Die leser gaan saam op reis en sal dit moeilik vind om nie meegevoer te raak nie. Beleef die reis saam met hulle, dit is werklik die moeite werd.

In hierdie uitgawe van GPS News kan een gelukkige leser die boek, Die Rooi Trem, uitgegee deur Naledi, wen.  Antwoord net die volgende vraag en stuur jou antwoord, jou naam en adres aan editor@gpsnews.co.za. Die wenner sal in die volgende GPS News bekend gemaak word.

Vraag: Waar het Henk en Stephanie mekaar die eerste keer ontmoet?

Die boek is by boekwinkels beskikbaar of kan aanlyn bestel word by Naledi Uitgewers of op die webwerf www.rimpeleffek.com.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *