Dankie, Superhero’s!

Schools

Michele du Plessis

Die “Ultimate Superhero Race: Karnallie Edition” was ʼn reuse sukses ten spyte van die reën en koue weer. Die dag het gedien as ʼn fondsinsameling vir Karnallie kleuterskool.

Amri Burger, organiseerders onder die leiding van Petro Breytenbach, en met die hulp van die personeel en ouers wat graag betrokke wou wees by hulle kinders se skool, is die gesinsdag gereël.

“Daar is baie instandhoudingswerk wat gedoen moet word. Ook sal ons graag die kleuterskool wil vergroot dat meer kinders toegelaat kan word. Daar is op die oomblik 80 kinders by die kleuterskool en daar is ʼn groot aanvraag om nog kinders te kan toelaat,” het Amri Burger verduidelik. “Ons wil ook graag meer opvoedkundige speelgoed aankoop en daar is die moontlikheid om die personeel meer opleiding te laat kry. Dit is tot almal se voordeel. Ouers wil graag die beste vir hulle kinders hê en met so ʼn fondsinsameling wat deur die gemeenskap ondersteun word, kan die kleuterskool net verbeter word.”

Nie net was daar ʼn 5km Superhero Race en ʼn 2.5km PramJam nie. Op die 2.5 km roete het “Super Villians” gesorg dat daar ʼn “fun stop” was.  “Dan was daar stalletjies gewees en hope vermaak vir almal. Ons het ʼn bedrag van R14 600 ingesamel en hoop om daarmee herstelwerk aan die graad R klas se dak te doen. Graag wil ons net baie dankie sê aan almal wat gehelp het, die borge en almal wat daartoe bygedra het om van die dag ʼn sukses te maak,” het Amri gesê.

Leave a Reply