Wonderlike Wonderpeper

Entertainment

Michele du Plessis

Pimenta dioica, allspice, is hierdie aromatiese vermenging van naeltjies, swart peper, kaneel en neutmuskaat – alles in een bessie. Geen wonder dat mense dit wonderpeper noem nie, want jy wonder watter een van die geure nou eintlik die botoon voer.

Baie mense dink – verkeerdelik- dat dit ʼn vermenging van speserye is. Spaanse verkenners het gedurende die 15de eeu gesoen vir ʼn ander bron van wonderpeper, maar hulle het die spesery verwar met die Oos Indiese Piper nigrum. Nadat hulle besef het dat wonderpeper nie regtig peper is nie, het belangstelling in die spesery vervaag. Meer as 100 jaar later was daar weer ʼn opvlamming in die belangstelling en die sade is na Spanje toe ingevoer.

Wonderpeper word meestal as ʼn spesery in die kos gebruik, maar dit het ook ʼn geskiedenis as ʼn tradisionele medisinale gebruike.

Hierdie veeldoelige spesery word vir indigestie, spierpyne, swaar menstruasie, naarheid, diarree, koors, verkoues, hoe bloeddruk en diabetes gebruik.

Pimenta dioica bevat vlugtige olies wat eugenol bevat, wat ʼn antimikrobiese middel is. Dit onderdruk die werking van prostaglandien in die menslike kolonale weefsel en stimuleer sommige spysverteringskanale, insluitend tripsien, ‘n ensiem wat nodig is vir die vertering van proteïene.

Onlangse studies het daarop gewys dat wonderpeper, saam met knoffel en oreganum beskerm teen E. coli, salmonella en listeriose. Eugenol bevat verdowende en antiseptiese eienskappe en word in baie tandheelkundige produkte gevind. Die fyngemaakte bessies word as gebruik om kneusplekke, seer spiere te behandel want dit vermeerder die bloedvloei en laat die vel warmer voel. Dit is as gevolg van die tannien wat die vel irriteer. Wonderpeper kompresse word ook gebruik vir artritis.

Dit is meestal die bessies van die plant wat gebruik word nadat die bessies met die hand gepluk en gedroog is. Die vars bessies het omtrent geen smaak nie; dit ontwikkel eers nadat die bessies gedroog is.

Die maklikste manier om wonderpeper te gebruik is in die kos, maar die fyn gemaalde produk kan gebruik word om ʼn tee van te maak. Wonderpeper mag allergie veroorsaak by sensitiewe individue en moet vermy word gedurende swangerskap en borsvoeding.

 

Leave a Reply