Van Heerden Apteek: Parfuum wenner

Uncategorized

News Desk

Een gelukkige GPS News wenner kon ʼn bottel parfuum gewen het in die gesamentlike kompetisie tussen Van Heerden Apteek en GPS News. Die artikel, Olfaction Satisfaction, het die antwoorde verskaf op die maklike vraag.

Letitia de Wet, apteker, het die trekking behartig en Annemarie van Heerden van Sabie was die gelukkige wenner. Annemarie van Heerden het gesê dat sy so gelukkig is om die parfuum te kon gewen het want sy het nog nooit tevore iets gewen nie. Ook lees sy die GPS News van hoek tot kant en kyk na al die advertensies en foto’s. Apteker Letitia de Wet sê hulle waardeer die inwoners se ondersteuning en lojaliteit en is dankbaar daarvoor. Sy glo hulle sal nog vele jare diens kan lewer vir die gemeenskap.

Leave a Reply