#Stophonger by kleuters

News

News Desk

Hoe verduidelik jy vir jou kind wat huil van honger dat daar nie geld is om kos te koop nie? Nie eens vir ʼn stukkie brood nie. Hoe maak jy om die hongerpyne weg te kry?

In  Suid Afrika is daar elke aand kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te verskaf nie. Die Solidariteit Helpende Hand #Stophonger-projek is daarop gemik om te sorg dat alle kleuters ʼn bord kos inkry.

‘n Peiling by 52 behoeftige kleuterskole het bevind dat byna ‘n derde van die kleuters honger gaan slaap. Daar is tans meer as 8000 kleuters wat deel uitmaak van Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojek. Die projek fokus daarop om behoeftige kleuterskole te ondersteun met koopbewyse om kos aan te koop. Om te verseker dat hierdie kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand 1,5 miljoen etes hierdie jaar voorsien.

Vanjaar span Helpende Hand en Coleske Artists, die Afrikaanse musiekbedryf se grootste onafhanklike platemaatskappy, kragte saam om die #Stophonger-projek op die been te bring. Die projek wil die publiek bewus maak van die dringende behoefte onder ons land se kleuters.

Bekende sangers wat hulle stemme gevoeg het tot die projek is, Patrizio Buanne, die Italiaanse superster, saam met jong Amira Willighagen van Holland. Hulle gaan saam met die plaaslike talent van Touch of Class, sowel as die pragtige Tarryn Lamb, Monique Steyn, die gewilde Corlea, Dewald Wasserfall en Jay probeer om honger te stop.

Jy kan betrokke raak en ’n bord kos vir hierdie kleuters borg. SMS die woord STOP na 38969 en skenk ʼn bord kos vir ʼn honger kleuter. (SMS kos R10)

 

Leave a Reply