Kremetartboom

Entertainment

Michele du Plessis

Die gedig van TT Cloete beskryf die kremetartboom (Adansonia digitata) in woorde wat die boom voor jou optower. Vele name vir die boom word gebruik: baobab, Cream of Tartar tree, monkey-bread tree, lemonade tree (Eng.); kremetartboom (Afr.); isimuku, umShimulu, isiMuhu (Zulu); ximuwu (Tsonga); mowana (Tswana); muvhuyu (Venda)

Die kremetartboom word gesien as die grootste vetplant in die wêreld, en die boom is gehul in misterie, legendes en bygeloof gedy om die plant in Afrika. Die kremetart voorsien kos, water, skaduwee en besit ook verskeie medisinale eienskappe.

Kremetartbome gee die idee dat hulle onderste-bo is met die wortels wat in die lug staan. Die stam van hierdie bome kan tot 28 meter in omtrek word, maar selde hoer as 25 meter volgens die SANBI webblad. Die stam is beskerm deur ʼn dik lag bas, tussen 50-100mm dik, is grysbruin en glad, alhoewel daar baie voue in de stam kan wees van baie jare se groei.

Die blare is so groot soos ʼn hand met 5-7 vingeragtige blaartjies. Die plant is bladwisselend en die blare verloor gedurende die wintermaande en verskyn weer in die lente en vroeg somer. Die blomme is groot, tot 200mm in deursnee, wit en ruik baie soet. Die plant verloor al die blomme binne 24 uur, waarna die bruin verkleur en glo heel onaangenaam ruik. Vrugtevlermuise bestuif die plante deur die nag.

Die vrugte is groot, eiervormig en bedek met geelbruin haartjies. Die vrug bestaan uit ʼn harde buitenste lag, ʼn wit poeieragtige stof binne-in wat die harde, swart niertjievormige sade bedek. Die poeier is glo ryk aan Vit. C. die poeieragtige stof word met water gemeng en om drankie soortgelyk aan lemonade te verkry. Hierdie word ook gebruik om koors mee te behandel.

Die blare van die kremetart is ryk aan Vit. C, potassium en kalsium. Die blare kan gekook word as ʼn groente en die blare kan ook gedroog word. Die sade is ook eetbaar en kan gerooster word as ʼn plaasvervanger vir koffie. Die plant word gebruik vir diarree, vog afdrywing, urienweg infeksies en is anti-inflammatories.

2 comments

Leave a Reply