Muurkruid- bobaas medisyne

Entertainment

Michele du Plessis

In die lente en laat herfs verskyn hierdie stervormige wit blommetjies in ieder en elke tuin en dryf ywerige tuiniers teen die mure uit. Miskien is dit die rede hoekom hierdie plant muurkruid – chickweed in Engels- so genome word.

Muurkruid (Stellaria media) word algemeen beskou as onkruid en een van die eerste dinge wat die tuiniers aan dink is hoe om te keer dat dit versprei. Baie mense trek die hele plant uit want dit word as ʼn pes beskou.

Daar is verskeie soorte muurkruid en daar word geglo die oorsprong is vanaf Europa en Asië. Vandag word hierdie plante regoor die wêreld gesien. Muurkruid het ovaalvormige blare en groei in enige tipe grond en enige plek in die tuin.

Muurkruid help vir die volgende:

  • Spysvertering en gewigsverlies aangesien die muurkruid ʼn ligte lakseermiddel is, help dit die liggaam om van skadelike afvalstowwe ontslae te raak. Dit help ook om jou gewig te beheer.
  • As hoesmiddel: muurkruid help om slym van die longe af te dryf.
  • Verminder inflammasie: Mense wat artritis het of rumatiek kan muurkruid gebruik om die inflammasie in die gewrigte te verlig. Muurkruid kan ook help om oog inflammasie en oog ontsteking te verlig.
  • Vir wonde: help om wonde vinniger te genees want dit het antiseptiese en antibakteriële eienskappe.
  • Velaandoenings: Help om veluitslag te verlig, soos bv. ekseem.

Muurkruid kan as ʼn pap (poultice) of ʼn kompres gebruik word om seer spiere en gewrigte te behandel. Olie bv. Klapperolie met muurkruid ekstrak kan in badwater gegooi word en kan direk aan veluitslag gesmeer word of inflammasie te verminder. Muurkruid tee help vir hardlywigheid en vir rumatiek.

Leave a Reply