VLU dames “High Tea”

Social

Michele du Plessis

Die VLU Suikerbosstreek het op Saterdag, 9 Junie, by die JamJar in Lydenburg hul streekvergadering gehou. Die tema vir die vergadering was “Beeld ʼn kultuur uit”.

Die VLU Hibiskus tak het Engeland uitgebeeld en die dames het by die vergadering opgedaag in deftige uitrustings met hoed en handskoene, gereed om te ‘High Tea’.  Annetjie Stoltz (voorsitster) het meer vertel van die Engelse kultuur.  Hulle het ook weggestap met die eerste plek.

Dit was ‘n baie leersame dag waarin Annette Bester vanaf Sabie, al die dames geleer het om blomme te maak uit ou boeke papier. Baie geluk Christie Havenga wat die Clover kompetisie in Suikerbosstreek gewen het en  deurdring na die volgende ronde wat by die Mpumalanga kongres gehou gaan word. Baie geluk ook aan Rita van Wyk, Sabie inwoner, met haar 4de plek.

Die VLU Hibiskus tak het vergadering gehou op Woensdag, 13 Junie by die NG Kerk Suid; die sameroepster was Erica en die gasvrou Annette. Hulle het die eerste letter van hulle name Zentangle en die lappop is bespreek.

 

Leave a Reply