Alternatiewe Anna

Alternatiewe Anna

Ek wonder soms oor al die mense wat so goed doen vir ander mense. Sien, ek is van nature lig gelowig en soek altyd die rede agter die rede. Old Man River se gereeld ek moet nie oor ander mense se doen en late worry nie, want dit is nie my besigheid nie. Maar ek glo as jy ʼn public figure wil wees by wie charity in die straat begin, moet jy nou maar verlief neem dat ek nuuskierig gaan wees.

Nou kyk, ek wonder of hierdie barmhartige samaritane die goeie dade doen oor dat hulle nice mense is of om in die koerant te wees. Soos in “Skatryk Samaritaan gee R200 vir kinderwelsyn”, of “Brandarm non gee laaste besittings aan die arm straatkinders”. Die laaste een is real en die eerste een is fake. Jy verstaan wat ek bedoel?

Ek weet daar is baie mense wat help waar hulle kan omdat dit is wie hulle is, soos die editor vroutjie by ons koerant. Sy gee en gee want haar hart is so wyd soos die Heer se genade en dan gee sy nogmaals weer wat sy het. En die voetslaan vrou met die helpende hande is ook real. So ook die wonderwerk omie wat sy vingers stomp werk om die armste van die armes te help. Genuine people met harte van goud.

Maar dan is daar daai klomp wat dit doen vir eie gewin en al die ou klere skenkings wat hulle ontvang het om vir arm kindertjies te gee, by die kerk basaar te verkoop en dan omdraai en koeksusters koop met die geld. Werklik, dit steek my mos dwars in die krop. Dit is nou mos dieselfde soos die non wat in die aand ʼn paaldanser is om geld in te samel vir die sop kombuis. Selle prinsiep, if you ask me…

Ja well, ek weet wat ek weet en OMR getugtig my gereeld oor my suspisies. En die feit dat hy sê ek skinder daaroor. Maar ek glo as ʼn storie 50% waarheid het ek dit kan oorvertel. Soos oor die dik tannie wat die arm kindertjies se kleertjies verkoop het vir koeksusters en haar en haar trawante se eie sakke. Ek het die storie vertel vir almal wat wou luister want ek skaam my dood vir haar part.

Nou het ek gehoor daai einste antie trek in ons straat in. Nou ja, there goes the neigbourhood. Die huispryse gaan val, die Nigerians gaan inbeweeg en gangs vorm en die territory met spraypaint omskep in ʼn nuwe Hillbrow of Danville en ek sal vir my ʼn paintball gun moet aanskaf om die gevaar van my deur af te weer.

OMR het dramaties sy hande in die lug opgegooi toe hy my tirade aanhoor. En my gesê ek is heeltemal te melodramaties vir my eie beswil. Maar nou ja… wag totdat hy die private security company se rekening kry die einde van die maand. Dan sal hy gou vir my ʼn paintball gun koop en ʼn monster hond by die SPCA. Of die petisie teken wat ek opgetrek het om daai vrou en die Nigerians uit ons neighbourhood te hou. Anna=10 OMR=1¾…

 

Leave a Reply