Dominee op vlug voor die gereg

Social

Michele du Plessis

Ds. Erik Brits, geliefde predikant en jare-lange inwoner van Sabie, het te voet voor die gereg uitgevlug op Saterdag, 14 April.

Ds. Erik is voor die ‘hof’ gedaag gewees nadat hy van ‘onmenslikheid’ aangekla is. Hy het egetr sy kanse waar geneem om tydens sy ‘vonnis oplegging’ die hasepad te kies en het ʼn fenomenale poging aangewend. Hy het egter nie verder as die kaktus by Spar gekom nie voordat Divan Payne, sekuriteit beampte van Phoenix K9, hom met ʼn laagvat grond toe gebring het en hom weer gearresteer het nie. Ds. Erik is soos ʼn lam ter slagting terug gelei na die ‘hof’ waar hy sy ‘vonnis’ moes aanhoor en is terstond ‘toegesluit’.

Hy is egter later weer vrygelaat nadat hy genoeg fondse ingesamel het vir die CANSA Jail and Bail. Hy was reeds weer gereed om Sondag op die kansel te verskyn na sy senutergende ondervinding.

Gelukkig het Ds. Erik nie te erg seer gekry nie, maar die kaktus sal ʼn tydjie neem om te herstel.

Leave a Reply