Die Kankerbossie

Entertainment

Sutherlandia frutescens, of kankerbossie, ook  hoenderkloek, gansies, klapperpeultjie, bitterblaar, bitterbos, eendjiebos, gansbos, kalkoenbos, kiepiebos, kankerklappertjie, klapperbos en vigsbossie genoem, kom wydverspreid voor in die binneland van Suid Afrika voor.

Die plant kan tot so 3.5 meter hoog groei, blom vanaf Julie tot Desember en het rooi ertjieagtige blomme en silwer grysgroen, harige blare. Die blomme word vervang deur vet opgeblaasde lang peule. Die peule is eers liggroen en as dit droog word is dit grys-wit en voel soos papier en later, as die peule droog is, ratel dit bekoorlik en behoorlik in die wind. Die peule val af en die klein ronde swart saadjies word dan orals deur die wind versprei.

Kankerbossie is ʼn medisinale plant met ʼn diepgaande uitwerking op die liggaam-gees-energie-stelsel, en is ʼn kragtige tonikum vir die fisiese, geestelike en emosionele welstand van die mens.

Hierdie plant stimuleer die immuunstelsel en die angswerende en antidepressante middel verskaf ekstra energie. Kankerbossie word ook gebruik vir kroniese en akute maagkwale,  vir kanker en om wonde te ontsmet. Die vruggies word gekou vir maagkwale en ander kwale soos verkoues, niersiektes, borsinfeksies, inflammasie, spatare, suikersiekte, waterpokkies, lewerprobleme, rumatiek en rugpyn. Die plant word ook gebruik vir immuun ondersteuning by die behandeling van VIGS, tonikum veral vir kanker en tuberkulose pasiënte, is ‘n eetlus stimulant, help vir virale Hepatitis, asma en brongitis, Yuppie griep, tipe 2 diabetes, stres, depressie en angs.

Die medisinale plant word gebruik as ginekologiese probleme, rugpyn, rumatiek, koors, bloedsuiwering en ooginfeksie. Navorsing het bewys dat kankerbossie in die geval van HIV lei tot verbetering van die lewensgehalte deur die verbetering van eetlus, gewigstoename, verbeterde slaap, verminderde angs en algehele gevoel van gesondheid.

“Navorsers doen deeglike navorsing op hierdie plant en meen dat die gebruik van die kankerbossie die ontwikkeling van HIV in VIGS sal vertraag en hulle hoop op ʼn deurbraak van algehele herstel van die siekte. Hulle is van mening dat die kankerbossie voortdurend gebruik sal moet word met ook deeglike toesig oor die dieet van die pasiënt. Saam met die gebruik van die kankerbossiepille moet alkohol, dwelms en ander medisyne, wat nie voorgeskryf is nie, totaal vermy word, maar dit is ʼn klein prys om te betaal vir feitlik onmiddellike verbetering in die lewensgehalte van die pasiënt.” www.kankerbossie.co.za.

Kankerbossie is ook in pilvorm oor die toonbank in apteke en gesondheidswinkels verkry.

Leave a Reply