Laerskool Sabie Brokkies

Schools

News Desk

Laerskool Sabie het hierdie jaar ‘n nuwe stelsel begin om leerlinge vir skoolbywoning, goeie vordering, sport deelname, en ondersteuning, ander andere,  te beloon. Hierdie stelsel moedig leerders aan om hul beste te gee, en leerders sal beloon word vir goeie gedrag. Alhoewel hierdie stelsel slegs in die begin stadium is, word daar aan gewerk en die kriteria vir die prysuitdeling toekenning sal nog bepaal word.

Leerders verdien plakkers wat punte tel en hierdie leerders sal met die prysuitdeling ʼn toekenning ontvang.  Ons vra ouers om hulle kinders positief aan te moedig om soveel as moontlik plakkers te versamel.

Laerskool Sabie het onlangs ʼn Valentyn sokkie gehou. “Al die leerders het pragtig gelyk by die Valentyn sokkie.”

Die wenners in elke klas vir die beste water plakkaat is aangekondig. “Dankie vir elke leerder wat ‘n plakkaat gemaak het.”

Elke week wys die Ubuntu Raad ʼn glimlag van die week aan en hierdie leerders word beloon vir hulle pragtige glimlaggies.

Leave a Reply