Helpende Hand help skoliere

News

Michele du Plessis

Solidariteit Helpende Hand bedryf drie projekte om kleuters, skoolkinders en tiener meisies gedurende die jaar te ondersteun.

Honger kinders is ʼn alledaagse verskynsel in Suid-Afrika en baie kleuterskole en skole maak staat op die Kosblikkie-projek van Solidariteit Helpende Hand vir die kinders se daagliks maaltyd.

Vir 8% van die kleuterskole waaraan die Kosblikkie-projek voedsel verskaf, is dit die enigste voedsel wat hierdie kleuters vir die dag ontvang. Kosblikkie-skole maak ook grotendeels staat op die voedsel wat aan hulle verskaf word.

Dit is ʼn feit dat die kinders en kleuters wat afhanklik is van die Kosblikkie-projek, gedurende die vakansie gewig verloor, aangesien hulle nie genoeg en ongereeld kos kry by hulle huise.

Die Skooltassie-projek is ’n nasionale projek waardeur alreeds 27 000 tassies aan behoeftige graadeens geskenk is sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is. In 2017 is daar 4 600 tassies landwyd uitgedeel.”

Behoeftige graad een kinders word deur hierdie projek in staat gestel om hul skoolloopbane sonder ʼn agterstand te kan begin. Omdat hierdie tassies van ʼn baie goeie kwaliteit is, kan dit vir 5 jaar hou en sluit die nodige skryfbehoeftes, soos onder andere, uitdraaikryte en inkleurpotlode, in. Die waarde van die tassie met die inhoud is ongeveer R380. Hierdie jaar is daar ʼn Bybelleesboekie ook ingesluit om die dreigende krisis in die leesvermoë aan te spreek.

Die #HelpHetta-projek verskaf sanitêre ware aan meer as 2 700 skoolmeisies in ongeveer 99 skole landwyd. “Ons kan nie toelaat dat vrouwees in die pad staan van ’n meisies se opvoeding nie!” Sedert die begin van die projek is al meer as R700 000 spandeer aan die #HelpHetta-projek wat sanitêre ware aan meisies versprei.

“Meisies se uitdaging is uniek! Te danke aan Helpende Hand se maandelikse ondersteuners en lede van die publiek wat bydra tot die projekte kan die projekte voortgaan om meisies in die skool te hou en om kleuters en skoliere te ondersteun.”

Enige belangstellendes kan Marie Botha, Helpende Hand voorsitster, Sabie tak kontak op 084 775 8831.

Leave a Reply