Pieter wen groot met Midas Black Friday

News

Michele du Plessis

Midas/LGE Sabie se Black Friday gelukkige trekking het van Pieter Nortje ʼn baie gelukkige man gemaak.

“Gedurende die week het ek goed by Midas gekoop wat meer as R500 was en ek kon inskryf vir die Black Friday trekking. Ek het drie keer ingeskryf en Saterdag het ek vir Monche-lee Linington (werknemer van Midas) gesê sy moet my “break-down toolbox” uitlos, ek gaan hom kom haal,” het ʼn baie gelukkige Pieter Nortje vertel.

“So het die tyd verby gegaan en ek is Nelspruit toe vir parte. Net so voor een uur het hulle my gebel en geskreeu oor die foon: “Geluk, jy het gewen!” Monche-lee het die trekking op die ou einde gedoen en tot haar verbasing het sy my naam getrek. Sy het glo geskreeu dat hulle my moet bel om my “break-down toolbox” te kom haal,” het Pieter gesê.

Pieter het sy dank teenoor Sabie Midas uitgespreek. “Baie dankie Sabie Midas. Glo en jy sal wen, wat jy spreek sal waar word, een of ander tyd.”

 

In die foto:   Pieter Nortje ontvang sy Black Friday geskenk van Mervyn Scriven, takbestuurder van Midas/LGE Sabie.

Leave a Reply