Geloftefees uitnodiging: 15/16 Desember 2017

Uncategorized

News Desk

Volgens Wikipedia is die oorsprong van Geloftefees soos volg: “Op 16 Desember 1838 is 470 Voortrekkers deur ten minste 10 000 Zoeloes, georganiseer in verskeie ‘impi’s’, by Bloedrivier aangeval. In die daaropvolgende oorwinning is net een Voortrekker lig beseer – hul leier, Andries Pretorius. Op die voorafgaande paar dae het die Voortrekkers daagliks ‘n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, sou hulle en hulle nageslag daardie dag soos ‘n Sabbatdag herdenk, en die eer van die oorwinning sal aan God gegee word. Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivier, en die dag as (oorspronklik) ‘Dingaansdag‘ (genoem na die koning van die Zoeloes).  ‘n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die granietsenotaaf in die Voortrekkermonument in Pretoria.”

“Ons sal weereens op Vrydag 15 Desember 2017 ʼn bring-en-braai hou ter herdenking van ons belofte aan God by die Feeshuis te Castle Rock vanaf 17h00.  Pap en sous sal voorsien word.  Bring asseblief  die volgende saam:  Vleis, borde, eetgerei en stoele asook ʼn flits/lamp as gevolg van die beurtkrag.  Daar gaan heerlik saamgesing word na die braai op Vrydag, en almal word vriendelik uitgenooi na die kerkdiens op Saterdag 16 Desember om 9h00,  Die diens sal gelei word deur Ds. Eric Brits,” sê Peet Reynecke.

Vir enige verdere inligting kontak Peet Reynecke op 082 325 6960

Leave a Reply