Alternatiewe Anna

Alternatiewe Anna

Lank gelede was ons brandarm gewees. Wel, ons is nog steeds arm, maar nie meer so vreeslik erg soos daardie tyd nie. Nou, krismis was om die draai en geld vir lekker kos was daar nie. Ook nie rerig vir gewone kos nie, maar ons het oorleef. Die groot problem was wat geen mens vir jou kinders as geskenke? Die boom was nie n problem nie. Bietjie alternatiewe inkopies in die donker ure en siedaar! Daar staan die boom…

Nou sien, ons het n paar werf hoenders gehad. Twee hane en n spul hennetjies. Ek kan vir jou 101 resepte gee hoe om eiers gaar te maak… twee dae voor krismis toe beraadslaag ek en Old Man River. Ons sal nou maar die een haan moet slag vir krismis kos. Die ouer haan, Kerneels, se kop moes nou maar af want die jong haan het nog baie spoed gehad.

Die volgende dag is dit toe nou sulke tyd. OMR stap vasberade nader aan Kerneels en Kerneels gluur hom net aan met sy rooi oe. E ek sien hier kom groot drama. Hierdie hoendertjie wil nie geëet word nie. Nou eers het OMR soontoe gemik om Kerneels te vang en dan spring hierdie hoender. Dan daardie kant toe. Aanhoudend vir omtrent 15 minute. Die son brand en die sweet tap die OMR af. Nou hoe langer die gespring en mik aanhou, hoe meer befoeterd raak OMR en Kerneels.

Op n stadium besluit OMR hy jaag die vervloekste haan en die haan besluit hy hardloop. Dan gryp OMR en Kerneels spring. En gil luidkeels. Die haan, nie OMR nie. Later is n uur verby en OMR hang moedeloos oor die heininh. “Water, water…” prewel hy en ek draf stap om te gaan haal. Kerneels staan net daar, so om te se: “Try me!” Toe OMR sy tweede asem skep, storm hy op Kerneels af en duik op die haan af. En hy gryp. Maar Kerneels is te vinnig en OMR gryp net lug. En stof en klippe en maak hard met n boom kennis.

Daar loop die bloed en ek wat Anna is, wil net faint want ek en bloed is nie maatjies nie. En daar le OMR. Beseer, vuil en befoeterd. Kerneels het ook nie op hom laat wag nie. Storm op OMR af en skop hom vervaard. Toe gil OMR. Lank en hard uit pure woede en frustrasie. Ek storm nader om my ou man te red van die hoender se aanval en help OMR op en terug huis toe. Waar ek hom probeer dokter en skoon kry. En die hoendermis van sy hemp probeer afvee…

Nodeloos om te se, Kerneels het Krismis oorleef. Al die henne en die ander haan ook. OMR ook, snaaks genoeg. Miskien sal ek my geheime resep vir Krismis eiers met julle deel…

Leave a Reply