Helpende Hand Oktoberfees

Social

Michele du Plessis

Helpende Hand, Sabie, hou op 28 Oktober ‘n fees op Laerskool Sabie se sport terrein met vele stalletjies en vermaaklikheid vir die dag.

Marie Botha, voorsitster van HH Sabie-tak het aan GPS News vertel wat alles beplan word. “Ons begin die oggend met ‘n heerlike ontbyt waarvoor daar reeds voor die tyd kaartjies beskikbaar sal wees. Daar sal ook ‘n biertuin en teetuin wees en ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies.  Die kosstalletjies wat reeds bespreek het, is onder andere kerrie en rys, roosterkoek, aartappel-op-’n-stokkie, pannekoek en ‘n koek en nagereg tafel. ‘n Wit olifant stalletjie en tweedehanse artikels sal ook te koop wees.”

Vermaak vir die dag sluit in ‘n springkasteel vir die kinders en tombola. “Ons het boeresport en ‘n hondevertoning deur Phoenix K9, ‘n gimnastiek vertoning en tradisionele danse deur die Matibidi Miracle Angels. Om aan te sluit by die karnival atmosfeer, gaan Laerskool Sabie, Hoërskool Sybrand van Niekerk en York Timbers ‘n klein optog deur die strate hê met flotte en fietse.”

“Die hele idee met die fees is gemeenskapsbetrokkenheid. Ons wil ook graag gestremde persone uitnooi om die fees by te woon. Aangesien daar nooit toiletgeriewe vir gestremdes beskikbaar is by feeste en geleenthede nie, woon baie min gestremdes dit by. Weereens, ons wil klem lê op die betrokkenheid van die gemeenskap want gestremde persone is deel van die gemeenskap,” het Botha gesê.

“Daar is nog stalletjies beskikbaar en kos R100 per stalletjie. Elektrisiteit word voorsien. Persone wat belangstel om uit te stal of wat betrokke wil raak kan my of Kalvyn Olivier skakel vir meer inligting.”

Marie Botha – 084-775-8831 of Kalvyn Olivier – 013-764-1021 of 082-444-8534.

 

 

 

Leave a Reply