Laerskool Witrivier Brokkies

Schools

News Desk

Laerskool Witrivier se seuns hokkiespanne het uitstekend gevaar tydens die naweek van 15-16 September, gedurende die Mpumalanga Top 12 uitspele wat plaasgevind het by die Hokkieplaas in Witbank.  Die o/13-span eindig vyfde en die o/12-span sewende in Mpumalanga.

“Ons is baie trots op ons o/12 seuns span wat as Ehlanzeni wenners gekroon is tydens die Top 6 uitspele wat plaasgevind het op Saterdag, 9 September, by Uplands.”

Vier-en-twintig sprekers van Laerskool Witrivier het aan die Nasionale Finaal van die Radikale Redenaars deelgeneem op 1 Junie. “Hulle het almal gepraat en gelees dat die tonge klap en die spoeg spat. Die uislae is op 15 Augustus bekend gemaak en ons is baie trots op agt van ons sprekers wat deurdring tot die volgende rondte. Geluk aan die volgende sprekers: Hendrik Stander, Iandri Jacob, Marne Pretorius, Iloné Botha, Rosemarie Oberholzer, Terblanche De Kock, Eleone De Lange en Milandré Collins.” het die Laerskool Witrivier woordvoerder gesê.

Die Mpumalanga finaal het op 9 September te Witbank plaasvind. Die kompetisie was baie straf, maar die sprekers het Laerskool Witrivier se naam hoog gehou. “Baie geluk aan Iandri Jacob (Gr 1) en Rosemarie Oberholzer (Gr 5) wat deurgaan na die Nasionale finaal. Iandri gaan deur in die kategorie Afrikaans Moedertaal. Sy redeneer dat kinders vroeg moet gaan slaap, anders is hul knorrig en maak vir mamma kwaai. Rosemarie gaan deur in die kategorie Reading Poetry. Sy lees Pimple Problem deur Kenn Nesbitt. Hierdie is twee puik sprekers, en hulle maak ons trots.”

Die Nasionale Finaal sal plaas vind op 14 Oktober te Pretoria.

Leave a Reply