Social

Wil jy ‘n verskil maak?

Baie van ons se Nuwejaarsvoornemens was om ‘n verskil te maak.  Ons het dalk met ‘n spoed weggespring en ‘n klomp beloftes aan onsself en ander gemaak om meer betrokke te wees in die gemeenskap of om ‘n helpende hand te wees vir ‘n bejaarde of kind wat swaarkry.  Maar die jaar het aangestap en die lente het  aangebreek.  As ons terugkyk kan ons onsself afvra, het ek uitgekom by dit wat ek graag wou?

 

Met die lente wat aanbreek is dit nie te laat nie en wil ons jou help om daardie nuwejaarsvoornemens af te stof.  By Solidariteit Helpende Hand is daar vir jou ‘n plek om ‘n verskil te maak.  Ons wil jou gawes en talente gebruik om hoop te bring daar waar dit hopeloos is.  Met meer as 165 takke landswyd is dit maklik om in te skakel en werklik ‘n verskil te maak.

 

Dalk het jy net ‘n uur n week.  Dalk kan jy slegs n finansiële bydrae van R50 per maand maak.  Maak nie saak hoe nie, maar dit wat jy wel het, kan ons gebruik en vermeerder.

 

In jou area is Alisha de Lange die streekorganiseerder wat jou na die naaste tak kan verwys. “Dis so vervullend om betrokke te wees by Helpende Hand en te kan sien hoe mense verander as jy begin omgee” sê De Lange. “Ons is ‘n stem vir hulle wat nie ‘n stem het nie. Ons het tans 38 000  ondersteuners landswyd wat almal, nes jy, ‘n verskil wil maak.”

 

Kom word deel van ‘n organisasie wat nie net kla en sit en wag dat dinge gebeur nie.  Ons rol moue op en raak betrokke daar waar die nood groot is. Skakel vandag nog vir Alisha de Lange op 082 923 1438 of stuur ‘n epos na alisha@helpendehand.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *