Schools

Laerskool Witrivier Snippers

News Desk

Tien landloopatlete van Laerskool Witrivier het ‘n 10 kilometer staptog in die berge aangedurf, gewapen met rugsakke vol kos, water en kameras. Hulle is vergesel deur Juffrou Annette, Oom Andre, Mnr Riaan en Mnr Jan.

Die volgende 7’s rugbyspelers van Laerskool Witrivier is ingesluit in die Pumas 0/13 Cravenweek-span: Reynders de Bruyn, Daniël van Staden en Rhulani Mathebula.

Cameron Chetty, Ruben le Roux en Henco Venter is gekies om deel te wees van die Ehlanzeni Skaakspan wat vanaf 3 tot 8 Januarie, 2018, aan die SAJCC Kampioenskappe (South African Junior Chess Championships) in Kempton Park gaan deelneem.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *