Schools

Laerskool Witrivier Brokkies

Michele du Plessis

Sprekers van Laerskool Witrivier het onlangs aan die Radikale Redenaars kompetisie deelgeneem en agt van die sprekers het deurgedring na die volgende rondte toe. Die uitslae is op 15 Augustus bekend gemaak en die finaal vind op 9 September te Witbank plaas. Baie geluk aan die volgende sprekers: Hendrik Stander (Gr 1), Iandri Jacob (Gr 1), Marnè Pretorius (Gr 2), Ilonè Botha (Gr 3), Rosemarie Oberholzer (Gr 5), Terblanche De Kock (Gr 6), Eleonè De Lange (Gr 7), Charlotte Bezuidenhout (Gr 7),  Melandre Collins (Gr 7) en Pieter du Toit (Gr 7).

Cameron Chetty wat aangewys is as die beste O/14 skaak speler in die Ehlanzeni streek by die De Goede toernooi.

Laerskool Witrivier se Hokkie Bokkies het teen Laerskool Nelspruit gespeel en die uitslae is as volg:

A-liga Dogters: O/11 Nelspruit wen 6-0, O/12 Nelspruit wen 7-0, O/13 Nelspruit wen 2-0. Die A-liga seuns, Whities-Warriors, het ook teen Laerskool Nelspruit gespeel: O/11 Whities wen 2-0, O/12 Whities wen 3-2 en O/13 Whities wen 3-1.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *