Ringbal kampioenskappe

Local Sport

Michele du Plessis

Die Nasionale Ringbal Kampioenskappe het op Sondag, 16 Julie, die amptelike opening gehad te Bergvlam Hoërskool, Nelspruit. Spanne van regoor die land, vanaf onder andere Durban, Limpopo, Gauteng, die Laeveld en Hoëveld, neem deel aan die kampioenskappe. Sowat 1400 spelers is teenwoordig. Vanaf Maandag, 17 Julie, tot Saterdag, 22 Julie, kompeteer die spanne teen mekaar om as die Liga kampioene aangewys te word. Die Laeveld het sewe spanne wat deelneem.

“Van ons spelers kom vanaf Komatipoort, Lydenburg, Nelspruit en natuurlik ook oud Sabianers. Gedurende die kampioenskappe word spelers gekies vir die Nasionale spanne, asook die Nasionale Uitnodiging spanne. Op Vrydag, 14 Julie word die junior spelers, tot en met o/17, aangekondig en Saterdag die Meesters spanne.” het Marius van Jaarsveld, voorsitter van die Laeveld Skeidsregters Vereniging gesê. Van Jaarsveld is ook ondervoorsitter van die Mpumalanga afrigters vereniging, spanbestuurder en speler van die veterane mans span.

“Ons beoog om in die nuwe jaar weer ‘n ringbal klub in Sabie te begin. Ons het reeds navrae gehad vanuit Sabie en ons hoop om betrokke te wees by die Sabie klub. Ringbal ‘n baie sosiale gesinsport – juniors vanaf 11 jaar oud tot meesters – 45 jaar en ouer – kan deelneem. Daar is ‘n plek vir al die lede van die gesin.”

 

Onderskrif:

Die ringbal spanne van regoor Suid-Afrika by die kampioenskappe in Nelspruit


Foto krediet – Marius van Jaarsveld

Leave a Reply