Laerskool Sabie Kaskardag

Schools

Michele du Plessis

Laerskool Sabie het hulle jaarlikse kaskardag gehou ter afsluiting van die kwartaal voor die vakansie. Elke klas vorm ‘n span en die uitdink en maak van die kostuums is deel van die vooraf pret. Daar was onder andere ‘n Blits Vinnige, Cheetahs, Reduce, Reuse and Recycle en Flintstone spanne tussen die kompeterende klasse.

Die klasse het soos volg die aantal rondtes aangeteken:

  • Graad ses E van Thato Methebula met 56,
  • Graad sewe E van Anelise MacDonald met 55,
  • Graad sewe A van Alta Rossouw met 53,
  • Graad vier A van Lydia Seymore met 38,
  • Graad een A en Graad een E elk met 17.

 “Alle eer aan die vier A klassie wat so klein is en so goed met die groot kinders gekompeteer het. Ons het geweldig baie rondtes gestoot vir sulke kort beentjies,” het Lydia Seymore, klasonderwyseres, gesê. “Die wenners van die geesprys is egter nog ‘n geheim en nog nie aangekondig nie.”

In die Foto: Laerskool Sabie Kaskardag.

 

Leave a Reply