Die kommin in die girl…

Alternatiewe Anna

Kyk, as daar nou een plek is waar jy mense se ware, commen kleure sien uitkom, is dit by troues. Veral daardie waar die drank verniet is want die bruid se pa is stinkryk. Nou praat ek van daardie troues waar almal uitgenooi word, almal behalwe die bruid se ma se agterlike familie wat sy probeer wegsteek…

 Nou, gewoonlik gebeur dit dat die arme, opregte mense uitvind van die troue, en reken hulle invite het net spoorloos in die pos verdwyn. Hulle dink nooit eens in hulle stille eenvoud dat hulle nie uitgenooi is nie. O nee! En dan pitch hulle die dag voor die troue by die bruid se ma en pa se mansion op, sak en pak. Bruidsmoeder val flou, bruid se vader probeer sy pose hou en laat hulle iewers in ‘n agterkamer in verdwyn…

 Well, teen die tyd wat die troue moet begin, het die moeder reeds voorsorg getref vir ‘n tafel so ver moontlik in die donkerte in vir die ongenooide gaste. En seker gemaak haar agterlike suster het iets netjies om aan te trek en dat sy by ‘n haarkapper uitkom. Net so vir appearances, verstaan? Dan verloop die getrouery vlot, die foto’s word geneem, die fotograaf het reeds opdrag gekry om nie daai lot af te neem nie, en die toesprake begin.

 Net daar tref die pôpo die fan. Die vaders praat en Ansie se Sonnie draf op en af kroeg toe. Naderhand slinger hy, maar hy suip vinniger as ‘n dors dorsdonkie. Met die bruidegom se toespraak is Sonnie blink gesuip en absoluut voorbarig. Begin die bruidegom te praat, skreeu hy: “Hy lyk vir my soos Tant Koek se hoenderhaan…” Bruid se moeder word al rooier op die wange en bleker om die mond. Gelukkig word die kos bedien en Ansie vreet vreeslik vinnig… Met die verdwyn Sonnie en kom later terug met twee groot plastiek bakke. Net voor die borde verwyder kan word, verdwyn Ansie na die kombuis se kant toe en kom uitasem terug soos sy stoei met die swaar bakke. Wat sy onder die tafel inskuif…

 Bruid se ma sak al hoe verder af onder die tafel in. Nadat die dansbaan geopen is deur die bruidspaar, die ouers van beide, begin die party in alle erns. Die drank vloei soos die Nyl in volle vloed en naderhand verskyn die agterlike familie ook op die dansbaan. Teen die tyd het die bruid se ma ook verskeie trippies kroeg toe gemaak. Haar hare is deurmekaar en haar make-up gesmudge. Man, en net daar speel die band ‘n nuwe treffer en Ansie sleep vir Sonnie op die dansbaan en wie kry sy daar? Die einste grand moeder van die bruid, met ‘n kelner en hulle dans dat die spoeg spat. Ansie sonder skoene en waaragtig, die bruid se moeder ook sonder haar Jimmy Choo’s.

 Nou kyk, hulle het geparty dat die honde huil. Laat daardie aand stamp ou Sonnie aan die grand bruidsmoeder en fluister kliphard vir haar: “Hey, skoonsus, mens kan die kommin girl uit die gopse uit haal, maar jy kan maar net nie die kommin uit die girl haal nie, kan jy?”

 Nou kyk, I rest my case…

Leave a Reply