News Social

Innibos kondig handwerkkuns wenners aan

Nuuskantoor
5 Julie 2017

Die wenners van die eerste Innibos Nasionale Handwerkkuns-kompetisie is op Sonday, 2 Julie aangekondig. Daaar was meer as 700 inskrywings landswyd ontvang.

Thami Kiti (Kaapstad) het die R50 000 Platinumprys gewen met sy fyn houtsneewerk van sy stapkieries. Die uitsonderlik geweefde mandjie wat deur Vanah Ndwandwe (Kwazulu-Natal) gemaak is het die Goud-kategorie van R30 000 gewen. Elizabeth Mfiza die derde prys in die Silwer-kategorie van R15 000 vir haar delikate kralekombers ontvang.

“Dit is verblydend dat daar inskrywings uit alle uithoeke van die land was. Dit is vir Innibos ’n groot voorreg om aan Suid-Afrikaanse handwerkkunstenaars welverdiende blootstelling en aanmoediging te gee,” sê Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder, Innibos. “Die kreatiewe energie straal uit die werke en is werklik inspirerend.”

Die Mpumalanga Provinsiale Regering prys van R10 000 was aan keramiekkunstenaar, Hanlie Bosch, toegeken. Nkuli Mlangeni het die handelaarsvakmanskap met Tourvest Destination Retail ontvang.

Daar was altesaam ‘n span van 15 beoorderlaars uit verskeie kunsvelde wat die handwerk beoordeel het. Hulle sluit in: Joseph Mathe (Nasionale Departement van Kuns en Kultuur), Wendy Goldblat (keramiekkunstenaar en stigterslid, Ceramics SA en Craft Council of South Africa) en Harrie Siertsema (Delagoa Trading en kunsversamelaar en – beskermheer).

Vir verdere inligting besoek www.innibos.co.za

Foto: Hanlie Bosch wenner van die Mpumalanga Provinsiale Regering se prys. Foto Krediet: Denise van Wyk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *