News Social

Innibos My Dertig Uitstalling

Nuuskantoor
3 Julie 2017

John-Anthony Boerma, (kunskurator, Innibos Nasionale Kunstefees) beeld die vele dimensies van kuns uit deur ʼn unieke verskeidenheid van dertig kunswerke deur dertig wêreldbekende Suid-Afrikaanse kunstenaars na die Laeveld te bring.

My Dertig is ʼn kompilasie van kunswerke van verskillende mediums wat op ʼn internasionale vlak kommentaar lewer op die Suid-Afrikaanse samelewing, politiek en mense se verwronge ingesteldhede. Die versameling vra ons landsburgers om op te hou fokus op alles wat verkeerd is maar eerder die pad na herstel aan te pak.

Nolan Oswald Dennis se werk vra na die heroorweging van die konsepte van onthou en vergeet in die kleurlose uitbeelding van die Suid-Afrikaanse vlag: Die illusie van die reënboognasie is aan’t verdwyn en net haar mense kan dit in volle kleur herstel.

Daar word ook klem geplaas op die onderskeid tussen goed en kwaad, tussen onskuld en bedorwenheid. Eenheid en gelykheid, simpatie en aanvaarding is herhalende temas in die werke en dit is juis deur hierdie gesindhede wat ons land sal genees en ons hoop sal herstel.

Die kunstenaars wat by hierdie uitstalling te sien sal wees is, sluit in: William Kentridge, Vusi Khumalo, Katrine Brink Claassens, Tsoku Maela, Brett Murray, Athi Patrat Ruga, Blessing Ngobeni, ens.

Die kunsuitstalling vind plaas vanaf 4 tot 8 Julie by die Nelspruit Burgersentrum Banketsaal. Vir verdere inligting kontak Innibos-kantoor 013-741-5294 of besoek www.innibos.co.za

Foto: Athi Patrat Ruga (What if the world Gallery).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *