Social

Innibos 2017 Klassieke Kamers

Nuuskantoor
29 Junie 2017

Innibos feesgangers wat opsoek is na ’n uitsonderlike musiekervaring, moet nie Klassiek Kamers se konsertreis misloop nie. Hierdie konsert bied optredes van Suid Afrika se gewildste klassieke kunstenaars aan. Die produksie beloof musikale opvoerings wat selfs die fynproewer tevrede sal stel! Die sermoniemeester en toerleier is radiopersoonlikheid, Christelle Webb-Joubert.

Dirkie van Staden en Lynette de Jager van World @ South Duo sal met kitaar en viool, klasieke Ierse, Spaanse en Afrikaanse klanke weergee. Veelbekroonde Suid-Afrikaanse tenoor, Johannes Slabbert, sal bekende melodieë van Duitse operette, musiekteater en Afrikaanse kunsliedere met die oorkoepelende tema rondom Liefde en Teleurstelling, opvoer.

Die Wits Trio tree vir die eerste keer by Innibos op met ʼn hoogs romantiese werk van die Russiese komponis, Anton Arensky (1861 tot 1906). Die Wits Trio bestaan uit bekende kunstenaars: die violis Zanta Hofmeyr, die Poolse tjellis Maciej Lacny en pianis, Malcolm Nay.

Bekende operasangeres en sopraan Zanne de Lange gaan ook optree. De Lange gaan van haar gunsteling werke uitvoer wat opwindende, hartroerende, en vurige opera arias en haar groot liefde Spaanse musiek, insluit.

Klassieke kamers sal om 18:00 op Donderdag, 6 Julie en Vrydag, 7 Julie en om 10:00 op Saterdag, 8 Julie opgevoer word. Vir verdere inligting kontak Innibos-kantoor 013-741-5294 of besoek www.innibos.co.za

Foto: Veelbekroonde tenoor Johannes Slabbert. Foto Krediet: Darling Music For All

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *