Innibos 2017 bied vermaak verskeidenheid

Innibos, News, Schools

Nuuskantoor
29 Junie 2017

Die Mhoba Rum Boma-kuierteater sal die plek wees om kort eenmanvertonings, toneelproduksies en interessante onderhoude met teatermense gedurende Innibos 2017 te sien. Wessel Pretorius bring saam met David Viviers die toneelstuk Klara Maas se hart is gebreek. Dié stuk het die Kanna vir beste debuutwerk by die KKNK gewen verlede jaar.

Kort komedies sluit in O my goeie volk met Esther von Waltsleben, Gretha Pers met David Brink en Llewellyn Steenkamp en die Weskussers Wynand Strydom en Alan Huges met Dis ’n manne ding.

Adriaan van As en Francois Jacobs, deel in #dit wat julle nie weet nie, op ’n ligte trant ’n paar donker geheime oor die vermaaklikheidsbedryf, terwyl Riaan Loubser met jou kop gaan goël in Illusionêr verder. Die jong digter, Menzi Mkhonza, dra van sy eie sowel as bekende Afrikaanse gedigte voor, en Ian Wessels gaan die hóé van lag onder die loep neem in Leer lag luid.

Hannes van Wyk is die leidsman by die Kwêla-gesprekke met verskeie Innibos-akteurs, onder andere Donnalee Roberts, Ivan Botha, Antoinette Kellerman en Deon Lotz. Kom ontmoet die sterre en gesels saam.

Vir verdere inligting kontak Innibos-kantoor 013-741-5294 of besoek www.innibos.co.za

Foto:Van links: Francois Jacobs en Adriaan van As kan by die Mhoba Rum Boma- kuierteater gedurende Innibos 2017 gesien word.

Leave a Reply