News Social

Skaterlag vir VAN DER MERWE

Nuuskantoor
5 Junie 2017
Die ikoniese karakter, VAN DER MERWE, is eersdaags op die silwerskerm te sien. Die hoofrol word deur die bekende akteur Rob van Vuuren vertolk. Toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en onvermoë om suksesvol te wees, gaan VAN DER MERWE jou laat lag wanneer hy probeer om ’n moeilike situasie reg te stel, en sodoende ’n gek van homself maak.
“VAN is deel van ons kultuur, ’n karakter met wie ons almal kan vereenselwig,” verduidelik Bruce Lawley, regisseur, draaiboekskrywer. “Hy het ’n geskiedenis en ’n plek in ons harte. Om aan hom lewe te gee, op die grootskerm, is iets wat almal graag wil sien.”
Die rolverdeling sluit bekende name in soos: Ian Roberts, Chanelle de Jager, Reine Swart, Adrienne Pearce, André Jacobs, Rika Sennett, ens. Kurt Darren maak ook ’n gasvertoning as ’n sanger by die troue en Barry Hilton speel die rol van Freddie, die kroegman en VAN se beste vriend.
Die lokprent is te sien by www.youtube.com/watch?v=Phoa25fAZRg&feature=youtu.be Volg VAN DER MERWE op facebook.com/vandermerwefilm/ of op Twitter @vandermerwefilm
Foto: Rob van Vuuren as VAN DER MERWE. Foto Krediet: Dylan Louw.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *